ie tertafellegging van die Gautengse Provinsiale Regering se MTEF-begroting vir 2006/07 verteenwoordig 'n belangrike mylpaal in ons volgehoue poging om op 'n omvattende manier die behoeftes van Gauteng se mense te voorsien. Die MTEF-begroting weerspieël die politieke prioriteite van die provinsie. Dit illustreer hoe ons hulpbronne aan spesifieke pro-gramme en projekte sal toewys, volgens die prioriteite wat ons vir die onderhewige tydperk ges-tel het, wat soos volg lui:
Om vinniger ekonomiese groei en werkskepping te fasiliteer
Om armoede te beveg en om veilige en volhoubare gemeenskappe te skep
Om 'n gesonde, bekwame en produktiewe arbeidsmag te ontwikkel
Om demokrasie en volksbou te versterk en om die grondwetlike regte van ons mense te beskerm
Om op 'n doeltreffende omgewing te bou wat omgee.
In die onderhewige tydperk het ons aansienlik gevorder in ons strewe na die mylpale wat ons vir onsself gestel het. Die Begroting vir 2006/07 bou op hierdie sukses en laat ons toe om verder op die pad na die bereiking van ons doelwitte te vorder. Vanjaar se Begroting sluit verhoogde toewysings aan sosiale dienste, die verbetering van dienslewering en kapitaaluitgawes in, sonder om die bestaande en verwagte uitdagings uit die oog te verloor.
Die verhoogde toewysings aan kapitaaluitgawes is 'n verdere bewys van ons toewyding aan verhoogde ekonomiese groei, werkskepping en die bekamping van armoede. Dié kapitaalfondse sal aan infrastruktuurprojekte bestee word, wat weer as kataliseermiddels sal dien om ekonomiese groei en werkskepping verder te verhoog.
Benewens inisiatiewe vir die bevordering van ekonomiese groei, streef ons ook na verhoogde besteding aan sosiale dienste deur 80 persent van die totale begroting aan hierdie sektor te bestee. Besteding in die sosiale sektor sal oor die volgende drie jaar etlike sleutelprioriteite aanspreek, insluitende die oprigting van persele waar MIV en VIGS-pasiënte anti-retrovirusbehandeling kan ontvang, asook die voortsetting van die program vir die voorkoming van MIV en VIGS.
Ek vertrou dat u hierdie dokument nuttig sal vind en dat dit tot die begrip en ontleding van die
Waarom het ons 'n begroting nodig?
Begroting is 'n uiteensetting van die wyse waarop beskikbare fondse aangewend sal word. Die begroting stel ons in staat om só te spandeer dat ons die doelwitte bereik wat ons vir onsself gestel het.
Ons het 'n plig om die publiek ingelig te hou oor die regering se bedrywighede en hoe die geld bestee word.
n Begroting gee ons ook 'n bestedingsplan waarteen die regering se prestasie gemeet en uitgawes gekontroleer kan word.
Wat is die provinsiale prioriteite en strategiese doelwitte wat die Uitvoerende Raad vir die Gautengse Provinsiale Regering nastreef?
Om vinniger ekonomiese groei en werkskepping te fasiliteer
Sleutelaksies en programme
Om die volgende te fasiliteer, ondersteun en daarin te belê:
Strategiese ekonomiese infrastruktuur, insluitende die Gautrain Vinnige Spoorwegskakel, die Innovasiesentrum en die Nywerheidspark by die Johannesburgse Internasionale Lughawe.
Sektore wat arbeid absorbeer en waarde toevoeg, asook die uitbreiding van die kennisgebaseerde ekonomie.
Spesifieke geografiese gebiede, wat ekonomiese groei op 'n breë basis en plaaslike ekonomiese ontwikkeling sal bevorder.
Om Gauteng as 'n voorkeurbestemming vir belegging, toerisme en besigheid, sowel as 'n sentrum vir mededingende sport, te bevorder. Ons sal die sukses van die Sokker Wêreldbekertoernooi van 2010 verseker en dit as 'n geleentheid gebruik om ons status van voorkeurbestemming vir belegging, toerisme en sport te konsolideer.
Meer algemene weeldeskepping deur middel van die ondersteuning van swart ekonomiese bemagtiging op 'n breë basis en die ontwikkeling van klein en mediumgrootte ondernemings en koöperatiewe, insluitende die skepping van geleenthede vir selfwerksaamheid, en om 'n rol in mikrofinansiering te speel, met die fokus op vroue en jong mense.
Om 'n strategiese rol as 'n verskaffer van goedere en dienste te speel om ons ekonomiese doelwitte te bevorder, insluitende ondersteuning vir plaaslike vervaardigers en die ekonomiese bemagtiging van swartes en vroue.
Om die gebruik van landbougrond te optimeer en om verhoogde ondersteuning aan swart boere te gee in terme van vaardighede, infrastruktuur en toegang tot markte.
Om Gauteng in 'n geïntegreerde en wêreldwyd mededingende gebied te omskep, waar die ekonomiese aktiwiteite van die verskillende dele van die provinsie mekaar aanvul om Gauteng as 'n ekonomiese fokuspunt van Afrika en 'n internasionaal bekende stadstreek te konsolideer.
Die Groei- en Ontwikkelingsstrategie (GOS), wat daarop gemik is om sosio-ekonomiese omskepping in die provinsie aan te spreek, om politieke stabiliteit te behou, om 'n funksionerende staatsinfrastruktuur te skep, om die provinsiale ekonomie te bevorder en om hoë vlakke van werkloosheid en armoede te verminder. Deur middel van die volgende:
Om provinsiale sosio-ekonomiese ontwikkeling te verseker, op grond van geïntegreerde, volhoubare en deelnemende beplanning en ontwikkeling.
Om ekonomiese groei, werkskepping en verwante teikens te bereik wat die provinsie hom vir die volgende dekade van demokrasie gestel het.
Om op koöperatiewe bestuur en goeie verhoudings in regeringskringe te bou.
Om verhoudings en vennootskappe met ander gemeenskapssektore op te bou.
Om geleenthede vir die betrekking van alle gemeenskapssektore en burgers by die herkonstruksie en ontwikkeling van die provinsie te identifiseer.
Die bekamping van armoede en die bou van sterk, volhoubare gemeenskappe
Sleutelaksies en programme
Bekendstelling van 'n omvattende, gekonsolideerde infrastruktuurprogram om die gestroomlynde en volgehoue lewering van openbare bates te verseker. Dié program sal die volgende verseker:
Dat nuwe vestigings openbare fasiliteite kry voordat of sodra mense in hul nuwe huise intrek.
Ons openbare bates kan herskep word soos die gemeenskap verander; byvoorbeeld kan skole in verouderende gemeenskappe in gemeenskapssentrums omskep word, wat weer instandgehou en deeglik benut moet word.
Regeringsbeleggings kan openbare plekke en vervoersentrums beklemtoon, insluitende die beplande Gautrain-stasies, om toegang tot dienste te verhoog en om plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder.
Kontrakte word aan plaaslike klein en ontluikende ondernemers verleen, en die benutting van arbeid in konstruksie en instandhouding word geoptimaliseer.
Die Uitgebreide Program vir Openbare Werke word in Gauteng bekendgestel, insluitende die konsolidasie van bestaande programme vir openbare werke.
Die voorsiening van basiese dienste aan almal, insluitende 'n sekere hoeveelheid gratis water en krag. 'n Sleutelprioriteit sal die voorsiening van water en sanitasie wees, wat 'n belangrike rol in die bevordering van goeie gesondheid speel.
Die sametrekking van 'n wye verskeidenheid behuising wat op verskeie markte gemik is op grond met 'n goeie ligging, wat in vennootskap met die private sektor en ander rolspelers gelewer word. Die toekoms van koshuise in ons provinsie sal ook aangespreek word.
Die formalisering van informele vestigings op veilige, bewoonbare en toepaslik versorgde grond
Die herontwikkeling van stedelike gebiede, insluitende samewerking met alle regeringsvlakke en die kombinasie van openbare en privaatsektorbeleggings op maniere wat optimale gebruik van voordele maak.
Die bevordering en fasilitering van plaaslike ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe om werk te voorsien, gemeenskapsinfrastruktuur op te bou en toegang tot plaaslike geleenthede te verseker, veral in die armste gemeenskappe. Die regering sal poog om sy belegging in sekere plaaslike gebiede of distrikte te koördineer om die impak daarvan te optimaliseer.
Die ontwikkeling en instelling van 'n omvattende bestuurstrategie vir openbare vervoer wat toegang tot veilige en bekostigbare vervoer verhoog en die reistyd van mense en goedere binne ons provinsie en na buiteliggende gebiede verminder, asook die negatiewe effek van gemotoriseerde vervoer op die omgewing verminder.
Die skepping van 'n veilige en gesonde omgewing deur minder afval te produseer, deur die gebruik van nie-hernubare hulpbronne te verminder en deur die besoedeling van ons lug, water en grond aan te spreek.
Werkvennootskappe met gemeenskappe en die polisie om veilige strate, tuiste, werkplekke en skole te verseker, veral vir vroue en kinders.
Veiligheid op Gauteng se paaie deur middel van doeltreffende vervoerbestuur.
Die ontwikkeling van gesonde, bekwame en produktiewe mense
Sleutelaksies en programme
Die bevordering van toereikende voeding en 'n gesonde lewensstyl.
Voorkomings- en behandelingsprogramme om teen die oorsake van siektes en sterftes op te tree, soos byvoorbeeld geweld, padongelukke, stres, MIV en Vigs, swak lewensstyle en drankmisbruik.
Die algemene voorsiening van gesondheidsdienste van hoë gehalte wat simpatiek is en omgee en deur: -wagtydperke te verminder -basiese dienste te verbeter -nuwe lewe aan die gesondheidsinfrastruktuur te gee -in ons gesondheidswerkers te belê; en -ons gemeenskappe deur middel van gesondheidsinligting en-toeligting te bemagtig.
Die konsolidasie van basiese gesondheidsdienste om algemene toestande te behandel, gemeenskappe te betrek en samewerking tussen verskillende sektore te bevorder.
Verhoogde belegging in ons jongste burgers deur middel van verbeterde dienste vir die ontwikkeling van jong kinders.
Die konsolidasie en versterking van die onderwysstelsel in staatskole sodat alle kinders in ons provinsie, en veral die armstes, gelyke toegang tot gehalte-opvoeding kry.
Om die vaardighede van ons mense, en veral jong mense, op te bou deur opvoeding en opleiding vir volwassenes en die bevordering van leerders te beklemtoon.
Om 'n lewenslange leerplan te verseker deur die basiese opvoeding, opleiding en heropleiding van volwassenes te verseker, om diegene wat skool vroeg verlaat het of afgedank is 'n tweede kans te gee.
Om nywerhede, inrigtings vir hoër opleiding, vaardigheidsliggame en alle regeringsvlakke bymekaar te bring om te verseker dat die vraag na en aanbod van vaardighede mekaar aanvul, veral sover dit vaardighede betref wat vir 'n groeiende ekonomie van belang is.
Die verdieping van demokrasie en die bevordering van grondwetlike regte
Sleutelaksies en programme
Die voorkoming van sosiale misdaad om die oorsake van misdaad en geweld aan te spreek, veral teen vroue en kinders.
Jeugontwikkeling om die geleenthede vir jong mense om aan die ekonomie deel te neem en hul potensiaal te vervul en te verhoog, veral deur middel van deelname aan sport, kuns en kultuur.
Die bemagtiging van vroue deur middel van regeringsprogramme om die oorblywende struikelblokke op die pad na gelyke deelname aan die ekonomie en gemeenskap te verwyder.
Om programme vir kuns en kultuur, sport en vermaak te gebruik om volksskepping en die sosiale verband te versterk.
Die ontwikkeling van sport as 'n belangrike program, nie slegs om 'n gesonde en aktiewe lewensstyl te bevorder nie, maar ook vir die doeleindes van volksskepping en jeugontwikkeling.
Om openbare deelname en rekenpligtigheid te bevorder, insluitende deur middel van ons veldtog genoemd "Izimbizo, Let's Talk", asook deur die rol van die wetgewer te versterk.
Om demokratiese deelname aan alle regeringsvorme te konsolideer deur die deelname van ons mense aan forums soos wykskomitees, skoolbestuurkomitees en gemeenskapspolisieforums aan te moedig.
Die bou van 'n doeltreffende regering wat omgee
Sleutelaksies en programme
Om alle burgers van geïntegreerde en simpatieke regeringsdienste van hoë gehalte te voorsien. Dit sluit veral die verwydering van struikelblokke op die pad na doeltreffende dienslewering in, die versekering dat dienste volhoubaar is, en 'n verhoging van die graad van reaksie van die openbare sektor wanneer burgers klagtes en probleme het.
Om die kapasiteit van die openbare diens op te bou:
n Omvattende program vir die ontwikkeling van vaardighede, insluitende leerprogramme vir bestu urders en personeel wat vir basiese dienslewering verantwoordelik is.
Prestasiebestuur van staatsamptenare
Die versterking van ons werkplekprogramme vir MIV/VIGS
Die verbetering van die verteenwoordiging van swartes, vroue en mense met liggaamsgebreke op bestuurs- en professionele vlak in die staatsdiens
Om die regering meer toeganklik te maak deur: -Toegang tot inligting oor regeringsdienste te verhoog -Kommunikasie met ons mense te verbeter -Die meganismes vir klagtebestuur te verbeter -Regeringshulpbronne op 'n versigtige dog vernuwende manier te gebruik om maksimum impak te bereik -Ons strategie teen korrupsie bekend te stel en voort te gaan om bedrog en korrupsie geheel en al te verwerp
Om met die plaaslike regering saam te werk om die omskeppingsproses te ondersteun.
Vanuit watter bronne word fondse verkry?
Nasionale toewysing Provinsiale inkomste R32,106 miljard (94,8%)
R1,758 miljard Billikheidsaandeel R23,362 miljard (69%) (5,2%) Voorwaardelike R8,744 miljard (25,8%) toelaes Regstreekse kostes R40,4 miljoen
TOTALE BRUTO INKOMSTE
R33,824 miljard
Bronne van provinsiale inkomste
Voertuiglisensies Ander bronne R938 miljoen R263,1 miljoen (53,3%) (14,8%)
Hoe word fondse onderling aangewend?
Uiteensetting volgens funksies
Gesondheid R10,404 miljard (30,2%)
Onderwys
R12,282 miljard Maatskaplike(35,6%) Ontwikkeling R982 miljoen
R34,460 miljard
Openbare Vervoer, Ander Paaie en Werke R 2,486 miljard R6,225 miljard Behuising (7,2%)
,1% R2,081 miljard
Vir watter doel word fondse aangewend?
Uiteensetting volgens ekonomiese klassifikasie
Lopende betalings R22,349 miljard (64,9%)
Oordragte en subsidies R9,563 miljard (27,7%)
Betalings vir kapitaalbates R2,548 miljard (7,4%)
Oordragte na Munisipaliteite R675 miljoen (7,1%)
Oordragte na Huishoudings R2,146 miljard (22,4%)
Ander oordragte R4,918 miljard (51,4%)
Lopende besteding: Oordragte
OORDRAGTE
R9,563 miljard
Personeel besteding
R5,082 miljard
Onderwys Departmente van R9,580 miljard Maatskaplike (58,7%)
Ontwikkeling R307,7 miljoen (1,9%)
Ander
Paaie en Werke
Openbare Vervoer,
R889 miljoen R355,8 miljoen
Behuising (5,4%)
,2% R93,4 miljoen
Infrastruktuursbesteding volgens departemente
Gesondheid R871,9 miljoen (10%)
Ekonomiese
Onderwys R870,7 miljoen Ontwikkeling (10%) R296,4 miljoen (3,4%)
TOTALE BEGROTING
R8,704 miljard
Openbare Vervoer, Ander Paaie en Werke R89,8 miljoen R4,761 miljard Behuising (1%)
,7% R1,814 miljard
Spesiale Projekte
R71 miljoen
R46 miljoen
R200 miljoen
R98 miljoen
R79 miljoen
R4,6 miljard
R5,391 miljard
R172 miljoen
Padveiligheids Projekte
R31 miljoen
R94 miljoen
Spesiale Projekte: Gauteng Ontwikkeling Strategie
R80 miljoen
Kreatiewe nywerhede
R14,5 miljoen
Beleggings, promosies en ekonomiese ontwikkeling
R10 miljoen
R20 miljoen
Sukses projekte
R60 miljoen
Kuns en Kultuur Strategie
R3,5 miljoen
Landbou Strategie
R14 miljoen
Top 20 Noodsaaklike Dorpsontwikkelings Projekte
R20 miljoen
Intelligente Bestuursvervoer Stelsel
R29 miljoen
Waar het ons ons besteding verhoog?
Departement Begroting Aangesuiwer 2005/06 R miljard Hoeveel beplan ons om vanjaar te bestee 2006/07 R miljard Met hoeveel het ons besteding toegeneem %
Onderwys 10,807 12,282 13,6%
Gesondheid 9,841 10,404 5,7%
Behuising 1,764 2,081 18%
Openbare Vervoer 2,088 6,225 198,1%
Gemeenskapsveiligheid 181 220 21,5%
Plaaslike Regering 129 160 24,2%
Ander Departemente 1,909 2,106 10,3%
